Maastricht (tydperk)

Periode/
sisteem
Epog/
serie
Tydsnede/
etage
M. jaar
gelede
Paleogeen Paleoseen Danium jonger
Kryt Laat Maastricht 66,0–72,1
Campanium 72,1–83,6
Santonium 83,6–86,3
Coniakium 86,3–89,8
Turonium 89,8–93,9
Senomanium 93,9–100,5
Vroeg Albium 100,5–~113,0
Aptium ~113,0–~125,0
Barremium ~125,0–~129,4
Hauterivium ~129,4–~132,9
Valanginium ~132,9–~139,8
Berriasium ~139,8–~145,0
Jura Laat Titonium ouer
Die verdeling van die Kryt (IKS).

Die Maastricht of Maastrichtium is die laaste chronostratigrafiese etage sowel as geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Kryt (serie/epog Laat Kryt). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.

’n Fossiel van Hemipneustes leymeriei uit die Maastricht-etage (Muséum de Toulouse).

Die tydperk was van sowat 72,1 tot 66 miljoen jaar gelede[1] en is voorafgegaan deur die Campanium. Die einde van die Maastricht was ook die einde van die Mesosoïese Era: dit is gevolg deur die eerste etage/tydsnede van die Paleogeen-periode en die huidige Kainosoïese Era, die Danium.

  1. (en) Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, ISBN 0444594256.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne